Skip to Content
Kanniedood Lirieke


1. Rus in vrede
vergeet om tande te borsel
al die wroeging en die worstel
ek het niks
ek voel niks
ek voel onnosel
en ek voel ongeskik

ek hardloop weg
waarheen nou?
te jonk om vas te hou
te dronk om te bestuur
huil in die backseat van die taxi

leeg hier binne
Meimaand
nou haal ek weer asem
kop bo water gehou
swerwer in skerwe
ek wil lewe
ek wil voel
ek gaan wen
ek gaan verloor
daar’s net te min tyd oor

hel, ek voel te goed om te gaan rus in vrede hel!
doodgegaan om weer te lewe hel!

dit voel veilig in die donkerte
nou lê ek wakker in die aande
dit is ’n noodgeval
vuiste gebal
met my mic van die stage afgeval

dokter sê vat dit stadiger
maar my hart klop vinniger
bring die water
bring die sand
my fokkin kop is aan die brand

2. Nie alleen nie
enkelsnitte vir die eindtye
hansworse in die dreine
towerlyne bind ons vas
tussen ons lywe

ek sien ons toekoms blink
ek sien ons harte verblind
en die kranse weergalm
Satan en Psalm

my eie akker hemel weg van die gespuis
klein bietjie spasie
klein bietjie bass
klein bietjie aksie
meestal net ek en jy

jy's nie alleen nie
weet dis moeilik om te glo
weet dit voel nogal so
jy's nie alleen nie
dis lank en dis verniet
somerreën en dronkverdriet
daar is baie mense hier
jy's nie alleen nie

ek gaan moet hardloop
om die stilte weer te kry
ons versoen
ons verdeel
ons verveeld
ons digitaal
ons is natuurlik
ons is kaal onder ons klere
ons is vry
ons sal stil leer bly
en so min as moontlik dink
netnou is die song verby

gaan my bes probeer
in beheer speel-speel
en gemoedsrus kry
en my bure vermy
is die beste deel van my lewe verby?
nog bietjie aksie
meestal net ek en jy
en die aarde in ons palms en die siele op die branders

3. Maak wakker die dooies
boom!
sy sê ek gaan hel toe
ek verdwaal in die hartseer
dis vlamme wat ek proe
boom!
dis ’n seilboot teen die rotse
meng die gif in my kos
dis my straf. jy speel God. ek is dood
wees versigtig wat jy glo

maak wakker die dooies
bring terug wat mooi is
hou my hart vas
hou my hand vas
hou my hard vas
droewig dans ons almal deur die dag

sien my in hoë definisie
ek is onder geen illusie
wat’s die rede vir jou rusie?
sê my
hoe is jy die een wat besluit?
jy werk dit dan nog self uit
ons almal is maar onderdanig aan die tyd
wees versigtig vir wat jy glo

waar lê die waarheid?
dis net jou opinie
die grys tussen swart en wit
kan jy dit nie sien nie?

5.Momentum
aan wie behoort jy?
soos sand deur die uurglas vloei
vreet die vleis van die aarde op
‘n resep vir die einde
oorskiet vir die pyne

groot asseblief, my lief
druk deur. kyk weg
een. twee. drie.
val ek uit die bed uit
ek loop op walms
ek voel dit in my palms
moet my nie probeer stop nie

moet my nie terughou nie
my hele lewe lank verkeerd
ek wil nou vinniger beweeg

kyk. weg. weet. hoe.
maak. jou. oë. toe

hou bene hou
ek kry te min slaap
daar’s net te min ure in die dag
hoe gaan ons
gaan ons nou maak?
asem informasie in
my longe in
my kop ontplof hier
agter die masker
agter die muur
wees goed
wees bly
wees gelukkig
wees vry
moet my nie probeer stop nie
hey!

6. HARTSEER FREAKS
dis nie nodig om vir my te bid nie
ek is benoud
hoe’t ek hier gekom?
my hart is te koud
maar wie gee om?
werklikheid is ’n lokval
daar is iets fout
hoe’t ek hier gekom?

leidrade lei my
in my drome ’n verdagte
my sonde bly daar agter

hierdie is ’n lied vir die muurlelies
dié een is vir empatie
dié een is vir die kantlynsiel
dié een is vir die doodgeskiet

dié een is vir die hartseer freaks
vir die vlak graf
naamloos
nommer op ’n dossier
almal drama
kollektiewe trauma

dis vir die reisigers
vir die heidene
die onbetwyfelde
medeswerwendes
medesterwendes
aandagafleibare
vir die alledaagse neuro-uiteenlopende
met ’n plastieksak-valskerm
staan op die dak
bang ek spring af
bang ek blok myself
ek voel ‘n fok vir myself
en ek dink ek’s dom
hoe’t ek gisteraand by die huis gekom?

in my drome maak dit sin
is dit te laat om te begin?

7. SOS
as Koeberg se alarm in die middel van nag afgaan
en die tropiese waters van die Indiese Oseaan
ons uiteindelik insluk
disnis ons drome in die deep-freeze gesit
my gemaksone is uitgeput
lewe my lewe in die verlede tyd
kom ons kyk
hierdie was die hemel
hierdie is die hel
agter in die bakkie
na die hospitaal

SOS
ons kort hulp!
Mayday!
Mayday!
is julle O.K?
oh, no!
oh, no!
is die partytjie verby?
alles was nog altyd net dieselfde vir my
bid!

kyk op na die TV
en waar sal ons hulp vandaan kom?
smeek!
die massa breek deur
al die mure so hoog soos hubris
swem!
in die serotonien
het jy al die tekens gesien?
doen jou eie navorsing
is ek verkeerd?
dis wat ek glo
bewys my verkeerd
ek glo jou nie
bewys my verkeerd

sê my wat gaan aan
my en jou waarheid verskil
nou drink ons dieselfde pil

8. Tot ons weer kan sien
vlerke brand
te naby aan die son
gehoop wysheid kom met ouderdom
stomp klank pomp my oordrom
moes lankal hier wegkom
klim op my towervlug
ek is op pad

vinger op die sneller
skerp punt van die spies
die slaap geraak agter die stuur
bly almal is nog hier
kaalvoet in die vuur
op die naat van my rug
ek is op pad terug

ek kan nie my oë glo nie

dis nie rêrig nie
niks is rêrig nie
dit voel asof ek droom
dit voel nie werklik nie
niks is rêrig nie
dit is nie rêrig nie
blinde adrenalien
totdat ons weer kan sien

jy’s my kerk
jy vat al my pyn weg
ek het al alles gehoor
ek staan heel voor
op my knieë
in die vuurgloed van jou majesteit
was my van my onreinheid
verlos my van die alledaagse dose
beskerm my en red my van die bose

9. Verlore
my foute volg my
die spioene op my spoor
die vloer kraak hard
as ek sag probeer wegloop
ek gee myself weg
maar ons sit hier vas
my lief, daar’s net slegte nuus
dis alles wat was
vrek of aanpas
skree of ’n soen
net voor ek ry

ons is verlore
ons is gevind
lief vir musiek
lief vir ons vriende
ons vlag brand af
maar ons hou nog steeds vas
lief vir ons kinders
en hulle haal asem
sing van oor begin
sing van goeie tye
ons is verlore
ons is verlore

my oorlog irriteer jou
ek weet ek maak jou kwaad
ek weet ek is ’n weirdo
ek kan raas as ek kwaad raak
ek is moerse vol kak
ek’s altyd verkeerd my lief, daar kook ons weer oor
dis alles wat was
vrek of aanpas
skree of ’n soen net voor ek ry

ons is gevind in die geraas
uitverkore heidene
op pad om uit te pass
ons is gevind in die geraas

10. Vibracrete
voorspel die einde
desperate tye
trek uit al die klere
maak toe al die deure
haat die opposisie
spoke op ’n missie
hierdie is nie lewe nie

vrees op aanvraag
sonder medelye
werk sonder betaling
doen dit vir ervaring
nog ’n gym-sessie
verval in depressie
hierdie is nie lewe nie

in my kop is ek steeds daar
volle sirkel gegaan
agter vibracrete verdwaal
jeugverhaal
sukkel tot die naweek
sukkel die hartbreek
donderbui
op my moer gekry
in my kop is ek steeds daar
volle sirkel

gedrink oor die verlede
onlus in die stede
breek af die standbeelde
kry jou byvoordele
verbrand die kuns
alles vir ’n wins
hierdie is nie lewe nie

kinders by dosyne
crack-kop in die myne
plastiek-oseaan
op ’n wentelbaan
selfgedrewe karre
bankrot verhoognarre
hierdie is nie lewe nie

wilde veldbrande
gate in die hande
maraton om die huis
lang pad met ’n kruis
op pad na Mars
geen drank in die bars
hierdie is nie lewe nie

desperate tye

11. Beste geweer
gehoop dinge lyk ’n bietjie beter hier
ek sal aanhou probeer
mense is kwaad
almal seer
ek baklei teen myself
ek sal aanhou probeer
vergewe my
ek doen my bes

12. Help my
sy gooi porselein teen die muurpapier
bruin en beige linoleum is oral hier
proe soos suiker en kaneel
A-ha klim deur die speaker by naïewe ore in

produk van my omgewing
dit maak my seerder as vir jou
elke sport het sy beserings
wat gaan die mense onthou?

help!
help!
help my!
help my as die aasvoël sirkel
help!
help my
ek is bang
dis nou alles verby

sy droom het ewe skielik ’n dood gesterf
binne-in die oranjebaksteenbinnehof
wat nou is, sal môre geskiedenis wees
ja, tyd het ons ingehaal en ons uitgestof

sy huil as ek laster
ek huil as my span verloor
vergeet eerder van gister
ons het net die toekoms oor

dalk nie hier vir lank nie
kom ons doen ons beste

13. Stories
hoop jy voel al beter
ons het gewaai en nie gegroet nie
sterre in ons rooi oë verloor
hoop dit voel soos gister
son met die see uitgespoel
kan jy onthou hoe om te voel?

maklik om die duiwel te blameer
het baie maklik van ons jeug vergeet
ek wens ek kon die Bybel blameer
êrens in ‘n boekrak ons stories uitgevee

hoop dinge raak beter
ons wêreld wentel wragtig wreed
planete vir ons in lyn gebring
die krag is af en die brein uitgespoel
meester word die slaaf
ja, jy’s reg en ek is verkeerd

in die oop stukke grond
hardloop die tarentale tussen molshope rond
gorillas hang by die ruit
met daai groot hande gooi hul die blikke in die straat uit
ek het die comic gesteel onder die skadu van die kerktoring
die lewe in verwondering
terwyl ek aan die gekraakte muur vasklou
wens ek tyd kan nou net ophou