BEHOORT AAN NIEMAND NIE:

Die son kom op sonder dat ek dit sien
Tyd verraai die oë
Die aarde raak te klein vir ons
En ons koppe te groot
Staan op uit die stof
Vreet van elke boom
Vir jou wat oor ’n toekoms droom
Iets sê vir my:
‘Maak oop jou oë, dis hier waar jy die plot verloor.’

Sluit oop jou hart
Deel in die smart
Staan terug vir niemand nie
Behoort aan niemand nie

Jammer, ek is so geprogrammeer
Verraaier van sy eie mense
Leef in die drukkoker
Twee seuns hardloop weg
Want pa skiet op ma
Versigtig, onveilig en afgestomp
Iets sê vir my:
‘Knyp toe jou oë, dis hier waar jy die plot verloor’

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Guitar & Vocals - Jedd Kossew
Bass - Theo Crous
Drums - Sheldon Yoko
Saw - Jacques du Preez
Additional instrumentation & programming Fred den Hartzog

Produced & Recorded by Fred den Hartzog at Tommy Tucker, Cape Town
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

DIE SKIP FT. LAUDO LIEBENBERG:

 

Stuur die reddingsbote uit
Braak jou sorge oor die rand
Eerste indrukke bly staan
Ek’s nog oorgewig en dronk
Gooi jou sorge in die wind
Laat die as in jou oë waai
Ek is hierdie skip wat sink
Anker onderkant

Ek is niks
Maar jy’s steeds iets vir my
Ek dryf weg
Maar jy sal konstant bly

Stuur die helikopters terug
Al die emmers klaar geskop
Skrop die bodem tot hy blink
Gevlekte vloerlap op die kop
Lewensboeie dobber rond
Donderstorm agtergrond
Ek is hierdie skip wat sink
Op die horison

Lyrics - Laudo Liebenberg & Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / Liebenberg

Vocals - Francois van Coke
Vocals, Guitar & Bass - Laudo Liebenberg
Guitar & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

BY DIE HUIS:

 

Moet nie te hard probeer nie
Moet nie die antwoord op die internet gaan soek nie
Sanik
Help nie
Ek doen dit gereeld
Maar niemand wil luister nie

Volgende keer
Los my by die huis

Dis net ek en die naggeluide
Gewere, sirenes en honde
Sanik
Help nie
Ek doen dit gereeld
Maar niemand wil luister nie

Volgende keer
Los my by die huis

Een tree vorentoe en twee treë terug
Tree wat verlore is
In die voet geskiet toe ek gebore is

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / De Klerk / Willemse

Vocals - Francois van Coke
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

SKREE:

 

‘Jy sal nie ver kom nie.’
Maar hier is ek weer
Jong wilde wakker drome
Deur jou geld verteer
Werk hard aan paaiemente
Ek woon langs my middeljare
As ek môre nie meer hier is nie
Hoef ek dalk nie my belasting te betaal nie

O God
Ek gee op
Gooi my hande in die lug

Sit jou dop in die lug
Dit is tyd om te rus
Môre is ons dalk flou
En bejammer onsself
Sal weer voorwaardes stel
Maar vanaand vat ons vlam
Skree so hard as jy kan
‘Fok jou’

Die vlag wapper fluks in die voorstede
Massa meegesleur en die jong leeu getem
Werk hard vir dividende
Smeer room vir die plooie
As ek môre nie meer hier is nie
Hoef ek dalk nie nou bemarking te doen nie

O God
Ek’s dors
Ek moet uitkom

O God
Ek gee op
Gooi my hande in die lug

Ek voel nog steeds ‘n fok
Ek doen nog steeds presies wat ek wil
Al fok ek nog steeds op
En kap my kop
Sonder om te stop

Kom nou, kom nou!

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
Additional instrumentation & programming Fred den Hartzog

Produced & Recorded by Fred den Hartzog at Tommy Tucker, Cape Town
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

NEONLIG FT. DIE HEUWELS FANTASTIES:

 

Ek is nie doodseker nie
Maar ek dink dis nou die sesde of sewende aand in ’n ry
Wat ek myself in ’n koma in gaan suip
Onthou jy daai keer toe ons die tyre moes ruil in die stormreën
En ek binne-in jou was toe die son opkom
Daai somer vakansie by die see

As ek nie optel nie
Mis my net
Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop
Vir petrol
Vir petrol en ’n dop
Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit

Ek’s gebore aan die Ooste-rand
In ’n straat wat net soos ander lyk
In die kerkbanke groot geword
Anders as jy
Verewig in ’n ry gestaan
Verward, jonk en rigtingloos
Alles aan toeval oorgelaat
Nes jy

Mekaar gevind onder neonlig
Liggelowiges
Verblind
Verbind

Lyrics - Hunter Kennedy & Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / Kennedy / Greeff

Vocals - Francois van Coke
Vocals - Pierre Greeff
Guitar & Vocals - Jedd Kossew
Bass & Vocals - Hunter Kennedy
Drums - Sheldon Yoko
Additional instrumentation & programming Fred den Hartzog

Produced & Recorded by Fred den Hartzog at Tommy Tucker, Cape Town
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

TOE VIND EK JOU FT. KAREN ZOID:

 

Ek lê my wapens neer
Vanaand vir die eerste keer
Sien ek myself in jou oë
Ek het hierdie oorlog verloor
Ek staar na die bloed op my hande
Ek weet ek het verander
Jy dink ek praat net weer
Ek het jou lief
Ek sweer

Geen pretensie
Geen beheer

Buite die stemme wat skater
Vriende wat groet
Sien jou later
Elkeen vind sy pad
Ek weet ek moet ook my skat

Hey, my sweet
Hey, my baby
Jy’s my toevlug
Wil jou nooit laat huil nie
Jy’s my lied
Jy’s my wysie
Ons het ’n hond
Ons het ’n huisie

Ek het genoeg gegee
Ek het genoeg geskree
Ek het lankal terug geleer
Maar nog steeds het ek probeer
Vlug soos ’n verraaier
Van dit wat my vashou
Daar was monsters in die donker
Toe vind ek jou
Ek sweer

Geen pretensie Geen beheer

Lyrics - Karen Zoid & Francois van Coke
Music - Van Coke / Zoid / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Vocals - Karen Zoid
Guitar - Jedd Kossew
Bass & Additional Instrumentation  - Theo Crous
Drums - Sheldon Yoko

Produced, Recorded & Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

Moontlik Nooit:

Ek sit hier en weet
Ek is net ‘n man
Wat sukkel om sy besluite deur te voer
Wat’s daar om te sê?
Wat kan ek nog doen?
Voor die einde vir ons loer

Is daar enigiets vir ons oor?
Tyd raak min en ek weet
Ek gaan moontlik nooit die antwoord hê nie

Letsels op my gesig
Ek was reeds dood
Deur ‘n dokter so verklaar
Op my rug in die straat
Gees het my reeds verlaat
Nes geskrop met nuwe hoop

Bring ons ‘n goeie tyding
Daar is te veel lyding
‘n Oop hand kaarte op die tafel neergegooi
Die klaer vra vir meer
En dit dra my nou deur
Weer en weer en nog ‘n keer

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Guitar & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded at Sunset Studios, Stellenbosch by Jürgen von Wechmar
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

Hulle sê:

 

Hulle sê jy moet jou hand opsteek en vorentoe kom
As jy die sleutels tot die hemel wil hê
Hulle sê jy moet hard vir iemand anders werk
Want ’n werk
is ’n werk
Hulle sê jy moet spaar vir jou ou dag
Jy moet jou testament in orde hê
Hulle sê jy moet skuld maak om nog skuld te maak
Om kinders wat jou haat in ’n sekuriteitskompleks groot te maak

Ek voel ’n fok vir wat die mense sê
Ek voel ’n fok vir wat die ander mense sê
Kop op ’n blok
Praat ’n gat in my kop
Ek voel ’n fok vir wat die ander mense sê

Hulle sê ons is mal
Hulle sê
Hulle sê
Ons moet ons sondes belei
Ophou soos diere baklei
Maar hulle weet nie
Dat dit ons jags maak om mekaar te toets nie
Dat ons allergies is vir roetine se roes
Hulle sê jy moet jou drome beperk
En realisties oor jouself wees
Ek het gedog ek sou al dood wees
Maar nou wil ek net nog van jou hê

Solank jy môremiddag as ek wakker word nog langs my lê
Voel ek, ek het my tyd en energie wys belê
In iets wat tasbaar is met brein en derms
Geen inknommers op papier
Of op dot-matrix skerms
Die sigaret is in jou baadjiesak, né?

Ek voel ’n fok vir wat die ander mense sê

Lyrics - Hunter Kennedy & Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / Kennedy / De Klerk / Willemse

Vocals - Francois van Coke
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

Waar daar ’n wil is…:

 

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg
Kaalvoet oor die berge kom help ons reg
Aanhouer wen
Al is hier geen sein
Help ons in ons stryd
Op ons reis na die einde toe

As daar ’n wil is, dan is daar ’n weg

Ter wille van oorlewing
Letsels klou vas en die muur in toom
Ten spyte van die wind en weer
Is daar tog ’n manier
Ons vat ons roes na die einde toe

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / De Klerk / Willemse

Vocals - Francois van Coke
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

Ek weet nie ft. Arno Carstens:

 

Nog nooit so alleen nie
Net die wind van voor
Oor en oor
Wie is ek?
Ek ken jou nie
Nog nooit so onseker nie
Gaan dit êrens heen
Dis heen en weer
Daar’s fout hier
Sal maar weer probeer

Ek seker daar’s geluk oppad
Na my huis toe
Wag by die deur
Gooi die druk van die dae met ’n kombers toe
Miskien is ek die gelukkigste
Dis eintlik klaar bewys
Die hofrol sê so
Maar ek leef my lewe met my oë toe

Verstaan assseblief as ek nie weet nie
Ek raak ouer maar die oplossing kom nog nie
En die vrae raak nie minder nie
Vestaan assseblief as ek nie weet nie
Ek weet nie

Voete was koud en huiwerig
Kan nog steeds nie nee sê nie
Kan nêrens heen hardloop nie
Wegkruiper dwaal op die strand
‘Hier gaan ons!’
Instruksies uitgesluit
Ek gee oor
Ek gee in

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / De Klerk / Willemse

Vocals - Francois van Coke
Vocals - Arno Carstens
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

Waarheid, weg en lewe:

 

Ek besit niks nie
Ek het niks om by die geselskap by te dra nie
Ek weet nie
Als is by my gevat
Inspirasie sluip deur die strate in die middel van die dag

Ek soek die waarheid
Maar die waarheid stel nie belang in my nie
Gesê ek sou alles een keer probeer
Maar ek het al ’n honderd keer
Maak my stil
Gooi my uit
Laat my verdwyn
Ek soek die waarheid
Ek soek die weg
Ek soek die lewe

Ek vertrou nie maklik nie
Ek het te veel nuwe leuens gehoor
Ek glo nie maklik nie
Besluit self wat jy wil vat
Ek sal nie weer my laat onderbreek
Of in die rede val nie

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew / De Klerk / Willemse

Vocals - Francois van Coke
Guitar, Bass & Vocals - Jedd Kossew
Drums - Sheldon Yoko
All additional instrumentation & programming by Francois de Klerk & Rudolph Willemse

Produced & Recorded by Francois de Klerk & Rudolph Willemse at Blakk Productions
Drums recorded by Brendyn ‘Rusti’ Rossouw at Heritage Sound, Cape Town
Mixed by Theo Crous at Bellville Studios

 

Maanskyn & Rose:

 

Maanskyn en rose
Die vuurdoop vir die rigtinglose
Nie seker hoe dit sou uitdraai nie
Maar angs is al wat ek oor het

Ek wens kon bloed uit ’n klip tap
Ek wens ek kon ware emosie voel
’n Geskree onder die dowwe lig
Van die maan en straatlig

Môre is dit oor

My les geleer
Rasionele denke
Nou in beheer
Maanskyn en rose

Bevriend met die bose
’n Heildronk vir die vredelose
Nie seker hoe dit sou uitdraai nie
Maar angs is al wat ek oor het

Ek was ek was meer in beheer
Ek wens ek kon alleen huis toe stap
’n Gesmeek onder die bloue lig
Van die staatskantoor

Môre is dit oor

My les geleer
Rasionele denke
Nou in beheer
Maanskyn en rose

Lyrics - Francois van Coke
Music - Van Coke / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Vocals - Jedd Kossew
Piano & all other instrumentation & programming by Johnny de Ridder

Produced, Recorded & Mixed by Johnny de Ridder at Solf Light City, Bellville