FVC_DAGDROME IN SUBURBIA.jpg

EK PROBLEEM

ek sit in die stort
die dae is lank maar die jare is kort
ek haat die geraas
ek haat die gemors
ek wens dit wil stop
ek kyk hoe die warm bergwind
‘n plastieksak in die see in waai
voel nie sleg nie
voel soortvan gefok
wens my nagmerries stop
die dae is lank maar die jare is kort

ek probeer
ek probleem
ek frustreer

nader aan God
agter mure ure spandeer
studeerkamer vure geblus
kyk die diere hoe loop hul in die ark in
iemand moet kom fokkin sing
iemand moet die boodskap bring
bloed aan die deurkosyn
water in wyn
rugby en die weer en die openbaring

ek probeer
ek probleem
ek frustreer
gerehabiliteer
probeer om alles uit te redeneer
voel of ek droom
voel of ek verdrink
my tong so hard gebyt dit drup
die hart is ‘n pomp
dit proe soos kortsluiting
dit proe soos nog
wil die regte ding doen
maar ek fok dit op
probeer die regte ding te doen maar ek fok dit op

AS EK KON

dis koud as jy inkom
dis koud as jy uitgaan
ek was daar om te aanskou
gehuil onder ligte
in ‘n vreemde kamer
ek was daar om jou vas te hou
ek wil nie maak of ek van beter weet nie
jy sal self vind
die wêreld is vol grootpraters en kakmakers my kind
en as ek kon het ek jou beskerm en gewaarsku
teen als wat kom

as ek kon
elke droom bewaar, elke nagmerrie verdryf
as ek kon het ek jou vry gemaak van elke slegte mens se kyk
as ek kon het ek jou vas gehou
styf vas teen my lyf
as ek kon
was ek vir altyd daar om in jou oë te kyk

ek wou altyd weghardloop
ek wou altyd ontsnap
maar ek hoop dat jy sal bly
jy gaan baie dinge sê
jy gaan baie dinge hoor
kom altyd terug na my

moenie maak of jy van beter weet nie
jy sal self vind
die wêreld is vol grootpraters en kakmakers my kind
en as ek kon het ek jou beskerm en gewaarsku
teen als wat kom

DAARSY BOYS

ek is nie baie goed nie
maar ek try nogal hard
ek kry nie baie geld nie
maar ek kry baie kak
het ambisie
geen illusie
los my potensiaal by die huis
verskoon my
ek sien jou nou
moet net die rekening kry
verskoon my kind wat aan joune stamp
sy is maar net vaak
ons het lanklaas geslaap
daarsy boys
daarsy boys
laat hy val waar hy wil
daarsy boys
daarsy boys
ek was Mnr. Bellville

ek’s net ‘n anargis wat bly in die burbs
bly in die burbs
ek’s net ‘n anargis wat eet by die Spur
ja, ons eet by die Spur

Moses was ‘n shaman
Haile Selassie Jah man
die boom maak ons wys
beskerm ons teen Satan
nog ‘n hotelkamer
CNN
nog ‘n hungover kop
wat sukkel om wakker te word
nog ‘n security check
nog ‘n skietgebed
weed is legal
hoekom worry ek?
blaas die kar speakers op
skink nog ‘n dop as
Killing in the Name op die radio pomp
daarsy boys, hey!
dit was nou pret
daarsy boys
daarsy boys
ek is agtuur in die bed

DAGDROME IN SUBURBIA

ek moes leer droom
hier waar die storie doodloop
aan die verkeerde kant van die nasionale pad
fantaseer oor hier wegkom
die berg se skadu val
vuurpylparkie brand
slaap veilig agter slot en grendel
moedeloos soos ‘n hangover

dagdrome in suburbia
ek het jou gesien
ek hou nog my oë oop

ons is vasgemaak
jy moes fight maar ek
is hier uitgedra
het jy sterk gestaan?
o, God
ek moes hier wees
ek is terug om dit te face
al moet ek ook hier val
as jou nommer nog dieselfde is
hou stil
ek kom jou optel

dagdrome in suburbia
ek het jou gesien
ek hou nog my oë oop
is iemand by die huis?
ek hou nog my oë oop
ek is by die huis

EEN LEWE

val in. pas in. staan op. gee op
dis die lewe
dis die lot
een dag ‘n doos
een dag ‘n God
ek wens ek kon weer heeltemal beheer verloor
soek net ‘n rede
enige rede
enige rede
enige rede
soos in die ou dae

een lewe
een kans
leef ek?
net een lewe
net een kans
elke mens moet sy eie hemel maak

hier lê ek nou my skat soos water
ongeskik en lawaaierig soos water
ek voel goed
ek voel goed
ek voel aaklig
kom in. klim in. staan by. moer my
vakansie so goed soos ‘n verandering
ek voel goed
ek voel goed
ek voel aaklig

val in. pas in. staan op. gee op
kom in. klim in. staan by. moer my
hel is hier en al die duiwels dans hier rondom my

BOMSKOK

wie is ek?
gebore uitverkore
bevoorreg wedergebore
ek ry versigtig
suig als uit my duim
praat groot
windbuks in die sy
uit vrye keuse
gevangene
mamma huil oor die tikkende tydbom
roekelose romantikus
tikkende
tikkende
tikkende
tydbom

bomskok
nee fok, ‘n mens kan net nie wen nie

wie is jy?
gebore aan die verkeerde kant
tydens veranderinge in die land
almal het genoeg om te eet
terwyl die vrees ons vet wegvreet
uit vrye keuse
gevangene
pappa sluk trane as die nuus opkom
by die robot hang die werkloses
tikkende
tikkende
tikkende
tydbom

onveilig in die oggend
onveilig in die aand
onveilig in die see
en onveilig in die straat
ons gevoel teenoor mekaar
laat nog te wense oor
almal deel in dit
ons almal verloor

WILDE TYE

kom uit die pad die tyres brand
realiteit is vreemder as fiksie
kyk hoe min is die lewe werd
dit is ‘n les oor doodgaan
so verkeerd om jou bestaan te vier
hand in die lug
onbeantwoord
onbelangrik
nie regtig ‘n keuse nie
niemand oorleef nie

dis wilde tye
dames en here
welkom in die wilde tye

kom uit die pad
die wêreld brand
maklik om iemand anders te blameer
wit leuens in feetjieland
vergete sodra jy doodgaan
brug brand ons ondergang
hand in die lug
hand in die lug
verstik in rook en braaksel
niemand oorleef nie

draai jou kop weg
ignoreer die waarskuwings
uitgedink en uitbeplan
jy sal maklik kan

IN DIE OOMBLIK

die droom is gedroom
realiteit is hier
wakker vyfuur
foonalarm gaan aan
vermaak my
ek gee aandag
praat met myself
praat met die rekenaar

gemaklik hier agter my hoë muur
ek sien blou lug as ek reguit opkyk
dit gaan ok, en jy?
ons drie moet vry wees
ek sal my bes probeer

ek’s swart en wit
en jy’s die kunstenaar
wat kleur aandraai
die lewe deurmekaar
als maak elke nou en dan effens sin

al my blou oë in bars opgetel
ek was ‘n wilde fokker toe ek jonger was
en ek kan nie onthou
wie of waar ek was nie
praat met myself
skree op die neukenaar
jy weet nog niks van my verlede nie
ek het op straat met die ooms baklei
en verloor
ons het nog net begin
wie weet wat nog gaan gebeur
ons pak die pleisters in

ek is maar lomp
voel soos ‘n boemelaar
wat vir geld vra
op ‘n goue strand
als maak elke nou en dan effens sin
als maak in die oomblik effens sin

NOT LIKE THEM

No more
No more
I feel I’m losing my brain bro
So insane bro
Took a break but everything is the same though
They go hate you coz they ain’t making the same dough
Hit the hood they asking you why you came for
Stay in your lane bro
Never change bro
Vanity slave, so where the fuck is your chains bro
Yeah you eating, but where the fuck is your gains bro
I married the game somebody gimme my rings bro
We are not like them
We question everything
We are not like them
Never be a slave again
Never on my knees again
We are not like them
I’ve been running since I was born
Just a pawn in their monochrome blame game
Needle in the hay
Found my own way
Breathing voice to voiceless

This what happens when you mix the Van Coke
With ski masks and black smoke
HD, we did it like it’s a movie
Young Pablo, Hail Ceaser
Put us together we straight ether
Yoh, they tried to put me in the freezer
How I did it I ended up making heaters
Ay, shout-out to all of the cotton eaters
Rap game, I’m running a 100 metres
My brain bro, so insane bro, took a break but everything is the same bro

HEY BABE

jy’t verlief geraak in ‘n bar
hierdie bar fighter backstage kom soen
verdrink in my hel en hoogwater
gewonder hoe ons dit sou doen
verblind met die liefde
hey babe, kyk wat het ons gedoen
jy’t verlief geraak in ‘n bar
die ongeluksvoël het jou hart gesteel en gebreek
jou ma het nie gesien wat jy in my sien nie
ek kan nogsteeds nie
hey babe, kyk wat het ons gedoen

sentelose soene in ‘n hysbak
altyd oppad, ek wil eerder oppak
dis ‘n lewe wat ek nie verdien nie
ons is nog hier
jy’t verlief geraak in ‘n bar